dun rooi lyn
–
eiegeregtigheid bou op
gewetensbeswaardheid neem af
die dun rooi lyn word oorgesteek
daardie dun rooi lyn wat bebloed
die grense aandui tussen wat
sin maak en ewige verderf
–
tussen barbare leef dit
selfs by hulle in dna versteen
geplaas met onomkeerbare waarheid
die verskil tussen reg en verkeerd
al het hul geen woord vir gewete
sal hul oordeel vas staan
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.