Latest Activity:

Afvallige

Geskryf deur Fanus Strydom
Reëltelling 12
Vasgestelde rympatroon

Afvallige

oop lê die sandvlak en uitlokkend voor my weë
wasig en verlate die horison se lyn
toe vir my om díe verbode grond te betree
verraderlik en dwaas ten spyte van my pyn

oop onder my voete tuimel die kranse na benede
gulsig om my vir ewig in te sluk
toe te sluit nog ‘n duister stuk verlede
dit vir ewig uit my uit te ruk

oop om my klief die lugstroom en koud
waar ek halsoorkop val na onder
toe ek te laat besef en benoud
oor my onafwenbare einde wonder

©Fanus Strydom




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • PJB het n geregistreerde lid geword

  • Ian wrote a new post

  • Amaspoke wrote a new post