Pase
‘n Paaseier het eenmaal
in ‘n tuin agtergebly
diep versteek tussen tak en blaar
maande lank in wind en weer
papier tot vaal verbleik
oorgelaat aan die reëlmaat
van son en maan
smelt en stol
Mense beweeg ook
met reëlmaat tussen hawens
totdat ‘n seuntjie skugter
die groot nuwe tuin verken
om daar diep tussen wortels
die skat van ‘n jaar gelede
verras in sy handjie te klem
Hy koester met behae
die soet verweerde hemel
voor hy fluisterend verklaar
“Die Paashaas is regtig, sowaar.”
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.