Spikkel hoender van die bos
Spikkel hoender van die bos
Soggens saam met die son
is jy al reeds aan die skrop en gesels.
Hy dra sy helm op die kop,
party noem dit die kroon
of ander sommer net ’n horing.
Kleure van grys,
selfs amper swart.
Dan die spesiale een,
spierwit en sonder kol.
Hul spikkels,
op elke veer,
jaag die gevaar
wat oor jou skouer loer.
Met hul unieke geluide
klink hulle bo alle ander uit,
dadelik herkenbaar —
daar skree die tarentaal.
Hier op hierdie boer se plaas
is jul mak en vry,
amper soos die gewone
spikkel hoender van die plaas.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.