Ek is cool en jy is ‘n fool
jy skiem jy is kief met al jou grade en sertifikate
sedelike, sedige, seder jy’s cool en ek’s a fool
jy is getroud en gekerk en elke dag gepak gedas om te graft by jou werk
as jy skroefgesig stilsiel skim in jou Blik-Met-Wiele (BMW) klim
dink jy, bospikkewyn jy is iemand en ek is niemand
jy wat in jou paleis met ‘n heavy morgage bly
jy drink jou intelligensie-mengsel maar bly dof
rook jou skyf vir inspirasie en ek rol ‘n zol met inspirasie-spinasie
jy sit en droom wat jy gaan doen met jou volgende miljoen
of droom jy, jy is lieplapper-vry
ek het nie ‘n stamboom maar is ‘n boomstam
bly in ‘n possie en kan lekker trek van plek tot plek
is een van die manne met die kanne in die hanne
ek lag virrie dag met my blou-tril stickers my kief tune en double loud speakers
ek ry my bloutrein ver verby my bitter soet pyn
jy speel toneel en gee voor en het jouself lankal verloor
sê my wie is nou ‘n kokkelol
ek wat heeldag slapies
snags mielies gooi en met die gooses jaketooi
of jy wat graft vir peanuts soos die apies
© Evanthe 2015
4 Kommentare
-
-
Anze
Ek wil net seker maak is hierdie jou Opdrag 3 gedig Evanthe?
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Callie Vermeulen
Oulik Evanthe!