Jongste aktiwiteit:

Windfluisters

Aan die windfluisters van jou ritsels
hang al jou vergete mistieke gisters …
toe jy sien ek luister, raak jou roep dringend –
jou takarms beduie krakerig en wringend
wyl die by om my kop knaend pla,
tussen my en die pers laventel kla.

Aan die windfluisters van jou ritsels
hang son se kalm warm hitte
en dans ‘n stille wals met die botsels
van winterweer se skelm kuiers
wyl by knaend om my kop kla
is môrestond jou getuie toe ek vra.

Aan die windfluisters van jou ritsels
hang maan se sekelkop teen middaguur
wyl twee donkies hul velle skuur
teen vlieëplaag se helleuur
wyl by knaend om my kop kla
is jy daar om die nuus aan te dra.

Aan die windfluisters van jou ritsels
roer jy, vra jy om die nuus aan te dra
van jou mistieke vergete gisters
voel ek jou, hoor ek jou roep na genae,
toe stilte vra waarom ek nou nog so swaar dra
is my antwoord ‘n fluister wat op die wind draal.




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed