Haasbek
Haasbek
Klein en bang, die soet het eindelik my tande kom vang.
Dankie tog vir die Tandemuis. Hy bring ‘n geldjie uit sy kluis.
O, grote griet! Was dit maar net ‘n melktand gewees.Maar nou is ek bevrees, ‘n vals tand gaan dit moet wees.
Haasbek is genoeg vir my.Glimlag sal ek vir eers vermy.
Sou ons die tande in die lewe ook moes tel, sou elkeen sy eie verhaal kon vertel.
Soos melktande van korte duur, is nie elke vriend ‘n lang plesier.
Mense kom en gaan, soos tande ook vergaan.
Ongelukkig is daar nie ‘n Tandemuis nie, maar wel ‘n lewensles in jou hart se kluis.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.