Krapperigheid
eensaam op sy duin
sit seemeeu en droom
dog iets krap in sy kop
dit wil net nie stop
die golwe sleep
wit some uit
gereelde
klanke
verberg nie
gedagtes nie
vertroue
om te vertrou
is meestal moeilik
vertrou moet soos
respek verdien word
een byt te veel
en vertroue
is daaree
heen
soos die see
telkens terugkeer
na die wit strande
klein skulpdiertjies voed
so voed gedrag reëlmatige
eerbare betroubaarheid
jou vertroue in jouself
en jou naaste
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.