Tant Ralie
Tant Ralie
Op ‘n kleinhoewe langs die dorp het sy gewoon.
Pantoffels met gate was by haar gewoon.
Haar lang vlegsels en Paul Revere-sigaret was waarvoor sy bekend gestaan het.
Mielies geplant en grondboontjies geboer.
Hoenders was daar, maar vir hulle het sy net geloer.
Met ‘n haelgeweer oor die skouer sou sy gluur as jy naby haar heining verby skuur.
Sou jy waag om haar turksvye te steel, kan jy maar weet dat kettie en klip iets was waarmee sy nie speel nie.
Al was die volk redelik bang, was daar in haar ou klipkasteel ‘n goeie hart toegeseël.
Sou die nood jou vind, was sy altyd gereed om jou te seën.
Sy het geglo:
“My kind, doen goed in die geheim, anders sal God jou nie terug seën nie.”
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.