Jongste aktiwiteit:

bergrant

 

 

waar ek aan jou voete rus

jou blou skynsel in my oë

is jy van klynsaf heel getoë

toegevou in skadus so knus

 

stap ek oor jou hemelboog

op voetpaadjies van weleer

al word my hart nog so seer

kan ek jou prentjie nie afsoog

 

o, bergrant van my hart se punt

jou liejie draal nog deur my lyf

van elke spier gespanne of styf

sal ek jou ooit kan afskryf my kind

 

sing ek my liedjie dralend aan

my bergrand wat nooit vergaan

kan iemand dit ooit verstaan

 

© Tearlach.




2 Kommentare

  • Anze

    Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Junie 2026 – STREEK/OMGEWING projek

  • Tearlach

    Na aanleiding van beoordelaar se notas: bergrant waar ek aan jou voete rus, jou blou skynsel in my oë, hier het ek as kind gebuig toegevou in skadus, knus. stap ek oor jou hemelboog op voetpaadjies van weleer, al word my hart ook hoe seer, hou ek jou prentjie in my oog o, bergrant van my hart se punt, waar die wêreld se geraas vervaag jou liedjie draal nog deur my lyf sal ek jou ooit vergeet, my kind? sing ek my liedjie dralend aan my bergrant wat nooit vergaan, wie sal my heimwee ooit verstaan? © Tearlach.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed