Vriendskap
soos die lelies van die veld
blom vriendskap na eerste reën
sonder goeie grond en sonlig
kan daar geen kelkblare vorm
met gereelde vog wat drup
voed die plant sy blare
sy wortels word sterk
en sy kleure wys
dat daar lewe
is en gaan wees
so groei vriendskap
slegs deur gereelde voeding
van eerbare, eerlike naasteliefde
sonder verwagting, sonder enige wins
slegs die kenmerke van liefde
ontspanne, eerlike
deel van hul lot
waarmee jy
volhou
ten spyte
van
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.