Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Alleen

Deur Magrietha Marx
Datum gepubliseer: 6 November 2021 Aantal woorde: 78 473 Kere gelees 4

As ek nie kan slaap
en tussen woorde en sinne wegraak
sal jy my kom soek
tussen die bladsye van my gedigteboek
as jy die woorde baie mooi lees
sal jy sien wie ek wil wees
al wat ek graag wil sê
is dat ek vrede in my hart wil hê
en dat jy sal verstaan
waardeur ek moet gaan
so wees asseblief net daar vir my
sodat ek nie alleen teen die storms baklei…

MC Marx (C)




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 34
Kommentaar telling: 8

Partykeer kan ek nie sê hoe ek voel nie, dan skryf ek. Van my werk is in verskeie bloemlesings gepubliseer: "Vlug na Vryheid" in Deep Reflections, "U liefde vir my" in The Gift of Time en "Die storms wat binne my woed" en "Daar is altyd hoop" in Inkspraak 1. Ek is gebore in Kokstad in die middel van winter. Dit het die oggend gesneeu toe ek gebore is. My ouers het later verhuis en ons woon tans in Pietermaritzburg, ek is getroud met die wonderlikste man en ons het 'n pragtige seuntjie. God het vir my die talent gegee om te kan skryf en ek is dankbaar dat Hy my en my gesin elke dag beskerm en veilig bewaar.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 705 gaste aanlyn

Bydraes – Argief