Jongste aktiwiteit:

wat is

–
liefde is die lied van my siel
dit omarm alles goed en sleg
liefde plaas my in euforie
–
met jare se ervaring is liefde
musiek in my ore van vroeg tot laat
suisend die klanke van my gees
–
om liefde te ontmoet is reg
om ware liefde te kan ervaar moeilik
liefde vir jouself as klei in Sy hand
–
die liefde wat jy self eers besef
wat groter is as jou eie liefde en geluk
liefde gegee uit Skeppers hand
–
sonder liefde stagneer jou siel
droog jou wese op soos strooi in wind
dehidreer jou breinselle tot stof
–
wat is dit, hierdie liefde
wat mens kan laat blom of verwelk
wat mens kan laat sterf
–
©Teãrlach




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed