Safari (brons)
(opgedra aan Perrie en Hanna)
twee rooigrondpaaie
vleg verwyld oor rand en dal
elkeen opsoek na ‘n vuurmaakwal
om rus te vind van vergete draaie
in die blareval van April
bewerk Cupid ‘n besonderse wil
met hardehout se vlammedans
en die lewe se dansende kans
op Namabeep se windgroet
vind hy haar hand
oproepe gee toestemming vir die pand
om saam te staan teen die lewe se roet
maak tyd vir die taal van die wind
diep in ons hart bly ons tog maar kind
oorblywende duine weet ons nie
wel op safari met gebuigde knie
© Francois Meyer (9 Oktober 2021)
(foto – Google)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2021 – OOP projek