Geslote deure
geslote deure bring hartseer
diep meskien uit jou kinderjare
terwyl myne altyd half pad oop
en half pad toe was
hartseer in my kinderjare
het ek nie sommer geken nie
behalwe van eendag oor my pa
toe kom die huwelik
nagte van huil was deel daarvan
maar eendag was daar ‘n ontdekking
die grootste ontdekking nog
die half oop deur wat eintlik maar toe was
het sin gebring in my hele menswees
en die woorde speel terug in my kop
“ek wil ook so wees”
En daardie dag maak ek die deur oop
wat my hele menswees verander het
nog nooit weer was daardie deur
‘n geslote deur nie, want ek het hom
volkome oopgemaak om nooit weer toe te maak nie
van daardie dag af het ek begin trappe klim
en het hoogtes al gesien gebeur in my lewe
want Vader het voor daardie deur kom staan
en daardie dag het Hy geklop aan my deur
en ek het besluit ek gaan oopmaak vir Hom
en ek het Hom na binne genooi
met baie hartseer het ek voor Hom gaan staan
my sondes voor Hom bely en Hy het elkeen verstaan
my toegevou in Sy arms om my nooit weer te los nie
vandag koester ek my Here Jesus Christus
want Hy het wonderwerke gebring
in genesing so groot soveel so
dat ek nooit ooit weer sal twyfel aan Hom
in Sy beskerming staan ek gewis
want dit beleef ek elke dag
sal ek daardie trappe klim elke oomblik
wat my enduit by Hom sal laat beland
Louisa Van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.