intrek
–
wanneer die golwe intrek
en laagwater soos ‘n dam lê
krioel dit van klein vissies
–
meeue sit soos ‘n tapyt
en duik kop eerste om te vang
verorber bekke vol vis
–
dan, sê dié wat weet
gooi jou aas net bo-oor meeue
daar byt die roofvis
–
in trekkerig is die mens
wat soms baie kritiek ontlok
soos meeue wat toesak
–
met koplamp op voorkop
struikel mens maar in die donker
van ‘n bitter-mooi lewe
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.