Skimme
skadu is jy van wat jy was
soos ’n skim uit die verlede
jou gedagtes, woorde en werke
reflekteer ’n ander tydvak, leefwyse
elke dag se normaal word dikwels
onderbreek soos skim uit die niet
skimagtig jou strofes wat jy uiter
mitologies van jou verlede
vasgepen aan skimme
uit jou bakermat
kan jy iets
wees
wat
jy nie is
is jou toekoms
’n hersenskim
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.