Jongste aktiwiteit:

Jessie en die maan

Jossie en die maan

 

Almal onthou vir Jossie goed,

wilde hare, kaalvoetkind,

altyd besig om met iets

te speel in die wind.

 

Haar pa het neffens hier geboer

met Brahmane.

 

Die teetannies het gesê

die kind is gepla met die maan.

Ons het gedink sy verbeel haar

soms sy is ’n haas.

 

Later jare, Jossie nou al groot,

ruil sy die plaas

vir die groot blou see.

Sy glo die maan skyn beter daar

as hier op ’n klipplaasdam.

 

Steeds ’n kaalvoetkind, ongetroud,

want ou Jossie glo

die man in die maan

sal haar eendag hier kom haal.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed