Jongste aktiwiteit:

Kelders van jou gedagtes

Ou vrou, jy sit in jou stoel soos ou skeepswrak
wat op die see bodem van die lewe lê,
met ‘n skatkis vol wysheid in jou kop
en goue muntstukke op jou tong,
wyl jou kierie oor die kapstok hak.

Bewonder ek die skatte van jou hande
wat geduldig en sorgvuldig elke fyn
stukkie borduursel van jou lewe
stekie vir stekie kuns gevorm het,
oor ou droom wêreld lande.

Vertel jy van jou nooiens vaart van weleer,
oor jou silwer see se onthou,
van kind wees, vrou wees –
al die mooi in die holte van jou hand,
kon ek tog als by jou leer.

Verwonder ek my oor die helderheid
van gedagtes wat sagkens waai
tussen ou vergeelde foto’s
wat wapper soos oorwinnings vlae
wanneer jou oë ophelder
met die goeie herinnering.

Beleef ek ‘n outydse vergete gevoel
wyl ek saam met jou vir oulaas seil
oor die deining van die hoë branders
van al jou gisters wat mooi was,
en eens so opreg bedoel.

Verwonder ek my oor jou wysheid
wat nou lê op die bodem van die see
wat deur die donker dieptes verskuil
word tot ‘n veraf skadu, wagtend
vervul met lydsaamheid.




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed