Kruispad Seisoene
Hoeveel seisoene word ons gegun…
Kleur karmoesynrooi en olyfgroen –
stadig krummel lewens blomblaar
goudbruin… druil die aar,
wyl koue en swartryp – leweloos verslind
bleek vaal skelet, identiteit ontbind.
Roosmaryn verdriet…
Skyn dowwe sonstraal op stingel troos
en groei beurend tussen kompos
en lewens reën – reën op afoor gros
se niks… embrio in laaste hoop.
Staan jy op tussen kappertjies,
gousblom en armmans orgidee
of bly jy lê, bejammer – of gee
empatie tussen anemone en salies?
Swiep soos ‘n uil oor vlaktes,
staan geil soos koring en mielielande
totdat die oes ryp is.
Besluitloos op ‘n daaglikse kruispad…
ongekend op ‘n eindlose sending,
een in hartklop sonder erkenning –
gekniel – verniel voor vader tyd
in sy somber gewaad.
*Roosmaryn – sinnebeeld van herinnering
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.