Jongste aktiwiteit:

Alleen

Elke keer wanneer stilte daal
en die hemelruim se sterre draal…
trap my verlange diep spore
in my hart en herroep
jou beeld uit ’n era so verlore,
onthou ek hoe’t jy my naam genoem.

Onthou ek jou hartklop teen my oor…
jou lippe op myne –
hoe’t ek my in jou arms verloor
en ek deel in die kleine…

die kleine heiligheid van behoort,
ons samesyn magies –
sorgloos in kind wees op jou skoot,
sonder nou en toe se tragies.

Nou kyk jou oë agter glas –
jou kus, koud sonder voel…
sonder emosie wat was,
sit ek alleen in my stoel.




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak