Aan my Ousus
ek wens ek kon…
jou hart abba wanneer dit te swaar word om te dra
wens ek het die wysheid van Salomo as jy vra
wens ek het meer geluister na jou roepe vir genae
kompasloos in jou soeke na behae
ek is hier as jou storm woed op die lewens see
ek is hier om die seile te span wanneer die Skepper rigting gee
ek is hier om die lighuis se lig aan te steek
voor jou skip op die rotse breek
al is jou smart hoe diep hoe seer
jou pyn jou huil kan ek nie keer
ek is hier om jou traan af te vee
al wat ek het is om my liefde te gee
ek is hier om te luister na gister se onthou
nou ‘n mistigheid wat jou omvou
‘n verdwaalde skip op mȏre se wou
jy alleen wonder wat nou
ek wil graag jou lag jou stilte deel
wil so graag jou wonde heel
kom ons maak tyd maak plek
vir jou gemoed wat kommer wek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.