Jongste aktiwiteit:

Die boom in die gloeilamp

Die Boom in die Gloeilamp

Vasgevang groei die groot kameelhout in ’n gloeilamp,iewers op dorre land.

Die gloeilamp beskerm die boom met sy glas, en vertel van die dae

toe hy nog kon skyn.

Kameelhout huil: “My takke is mos die natuur se huis. My wortels soek water hier in lewensgrond.”

Die lig sug swaar:

“Ek was lig wanneer die son gaan sak en die maan donker hang. Wanneer ek skyn, was niemand bang nie.”

Soos ’n boom moet ons kan groei, skadu bied vir hulle wat wil bloei.

In donker moet ons skyn, en pyn laat verdwyn.

Saam is ons die boom en lamp: groei om waarlik te kan skyn.

Sou die boom nooit deur die glas kon groei nie, sal die lamp hom dan vir ewig vas boei?

Geen boom kan groei as omstandighede hom keer nie.

© Ryno du Plessis, 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed