Wesens van die wind
Fassette in wind
sal jy vind
Laat dit of gehaat
of bemind
Die mensekind
is ‘n wese van die wind
altyd ‘n tolbos
wat een ry spore los
Spore wat swaai
spore wat jou soms laat raai
en langs snaakse paaie draai
om lewe se saad te saai
Dit tol soms traag
om die gejaag te behaag
want alles bly ‘n ren na wind
waarin jy geen vreugde vind
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.