Filosofie
Verbeelding se ideaal is geluk
wat nie rus in rede
en dit bring ook nie vrede
maar aart in dankbare begrip
dat wat was, verby is
en deur die erkenning
dat ongedaan maak, onmoontlik is
Elke dag deur lot gegun
tel as profyt
in die lewensdans se jolyt
want leeg is die dwaas se lewe
sonder dankbaarheid
gelaai met angstigheid
oor more se geeste
Beskou vandag as jou laaste
sodat jy wat nog volg
as lieflike bousteen kan aanskou
wat ook nog moet gebeur
setel in onsekerheid se realm
daarom moet niemand talm
leef in die oomblik en wees kalm
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.