Jongste aktiwiteit:

Katjiepiering skatkis

Katjiepiering blom soetgeur
in die vroegskemer na-dag
en rus sag in my neusvleuels

Verdiep dan my onthou
nes die kartelkantjies
van die witblom se prag

om die presiese herinnering
te pluk uit gister se skatkis
waarin dit geduldig onder stof wag

Katjiepiering soete blom
soet is die onthou nou
wat vanuit jou aroma kom




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed