Verlossers Kind
Onbaatsugtig Godlik hart
alomteenwoordig Seun van Een
gebore mens, ons Skepper Heer
om ons verlos van sond’ en seer
nederig sag in ʼn krip gelê
ʼn Kindjie klein, van God ons Heer
Sy hand het self die strooi gemaak
wat nou Sy bed in stoppels maak
ons buig die knie op sondaarsgrond
ʼn Kind vir ons verlossings hoop
sal ons die vreug van wyses deel
sal onse hart U krip kom streel
ons dank U Vader vir U Seun
ons dank U Jesus vir U seën
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2017 – Kersfeesvieringe projek