
Krag is Sy Naam
Selfs in elke donderstorm
skuil reën in ‘n nuwe belofte
in yl geel of oop goue vlaktes
bly Hy die redder en die Heer
Vul my met U liefde en Gees
Pantser my om sterk te wees
U ken my heel van buite
U ken my hart se stukkend ruite
Grote God ek dank U vir U Kind
ek het ‘n Herder dit is die Heer
Hy help my om rigting te hou
op Hom sal ek vertrou
Mag jou grootste geskenk vandag
Jesus in jou hart wees
mag Hy die lewe se seer
van jou voete afvee
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2017 – Kersfeesvieringe projek