Jongste aktiwiteit:

Herbou my Koningkryk

My menswees beklee
in siersteen en fynpleister
met edelmetaal gesmee.
Gebrandskilder die vensters
van my vreedsame siel
toe hoop my hart betree.

Die plankiesheining lelieblank
en lowergroen vlaktes versprei
waar die geur van bloeisels
en die vredesbries
ons liefde kom verklank.

Die vuurtjie het nog warm
in die kaggel gerus
toe jou woedebui
dit ylings kom blus.

hamerhoue kom timmer
my drome uit mekaar
skelling hael op die landskap
verwoes, verwilder
begin die droogtejaar.

Die skeure raak al dieper
die fondasies bars oop
my hart se hortjies klap verwoed
toe trane deur die krake begin loop.

Verdoem tot duisternis
hierdie eens minlike lugkasteel,
vernietingend die impak
van die verplettering wat neul.

Skielik my lewe ‘n bouval
met gekraakte sielsvensters
bedek met stof en steen –
gehawend en gekneus
oor die oorblyfsles geween.

Maar soekend in die puin
wat jy hier kom orkestreer
vind ek die sleutel na die voordeur
van my toekoms –
ontsnap van die verwerp
en die hoekoms…

Self sal ek bou aan my ryk
‘n toring vir my koningkryk,
met seëviering vir mede-oorwinnaars waai
‘wyl ek vir my vrou-wees die septer swaai.

© Carla Visser
04.12.2017

(Geskryf vir 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders 2017)




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed