‘N LAASTE GROET
‘N LAASTE GROET
vandag loop ek die pad ver terug
die pad wat jou storie vertel
ek maak jou spore een-een bymekaar
jou trapklippe, jou aarselplekke
ek ruik die winde wat jy mee gedans het
die branders nou mak wat jy mee gestoei het
glansend die glinsters
wat jy by die sterre gaan haal het
ek tel als op om in my showcase te bêre
jou warmste lag om my lewe te voering
jou flinkste stap om my rigting te wys
jou helderste droom soos ‘n lig in die pad
jou reguitste kyk
jou duidelikste stem
jou hande, so sag
jou asem, so warm
‘n stukkie van my hemel nou donker en koud
want jy’t saam met die son gaan slaap
© – Barbara Smit 30/10/2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.