WERNER
WERNER
‘n wind het rukkend plukkend
so skielik om jou lyf kom tol
jou kroon gegryp en ongeërg
in klip en kluite neergesmyt
‘n boom, eens majestueus
sterk teen die hemele getroon
nou asemloos, en leweloos
nou net ‘n kale silhoeët
los herinnerings hier en daar
sif neer soos ‘n herfstapyt
hulde in die warmste kleure
versag die harde werklikheid
hoe lank nog sal ons, nes die voëls
vergeefs terugkeer
kom skuiling soek waar eens
‘n digte blare-blyplek was
sal ons dan ooit vergeet
hoe volmaak als eenmaal was
nog lank sal daar met deernis
jou woorde in ons harte weerklink
© – Barbara Smit – 5/11/2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.