Jongste aktiwiteit:

Lank Gelede kom Kuier by Eendag

Lank Gelede kom Kuier by Eendag

Deur strate van klip, huisies knap gebou, loop ek hier op gister se pad.

Besems klap, elkeen vee voor sy eie deur, terwyl ‘n voertuig deur die straat probeer beur.

Lank gelede se verf wuif nog hallo langs hierdie nou strate, waar rykdom dalk eens begrawe lê.

Ek loop verder af en sien die ou trein se spore. Was dit daar in die tyd van slawe?

Elke dag is so gejaag. Was dit maar net ‘n voertuig, maar dit is tyd self wat voortbeur.

Ons sloof ons af om net nie te vergaan nie.

Toe kom Lank Gelede kuier by Eendag, groet vriendelik en sê:

“Jy moet weer leer lewe.

Alles gaan nie net oor oorlewing nie.”

Kry weer die besem voor jou deur.

Verander die gesigte wat treur.

Leer by tyd hoe om alles werklik te waardeer.

© Ryno du Plessis, 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed