Jongste aktiwiteit:

Lafenis

Die bloedige hitte laat water-beelde op die grondpad dans,
dit terg en wink maar daar is geen kans.
Niks vir jou siel en niks vir jou dors,
vir dié boer is daar steeds net die aarde se dorre kors.
‘n Roering in die blare laat my vinnig op kyk.
Is dit ‘n belofte van lafenis? Dit het so gelyk.
Die wind word al sterker en die wolke drom saam,
maar die sweet drup nog steeds af teen my lyf se raam.

In die verte hoor ek die dreuning van donderweer,
Die wind buig die bome nou heen en weer.
Die weerlig is hier, dit glinster en blits
en strek krom tentakels uit met elke flits.
Ek ruik al die reën, dit is hier
maar die wind het soos gewoonlik weer ‘n ander gier.
Die weerlig verdwyn en die wolke sweef verby
geen lafenis vandag hier vir my …..

Retha Weir




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed