Tannie met die Bos Hare
Tannie met die Bos Hare
Op haar stoep sit sy en gesels met witborskraaie.
Ek stap verby. Sy roep na my.
“Ja, jy!”
Ek kyk om.
“Jy loop maar lekker ver met al jou draaie.”
“Hoe dan so?” wou ek weet.
“Jy dink ek is verkeerd?
Jy dra jou dood aan gister. Daar is geen plek meer vir môre nie.”
“Sien jy die kraaie? Hulle wil ook alles hê. Steel ook, sou die mense sê.”
“Volg net jou lewenspaaie.
Los jou onnodige draaie,” gesels sy voort.
“Kou te veel aan gister, dan het jy nêrens om môre te loop nie.
Ons sal jou vind iewers op ‘n hoop, daar waar die kraaie jou dan stroop.”
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.