Hoop Silwer
Die son dans rooirok op die horison
vee ‘n warm soen oor my lyf
terwyl die wind se vingers my hare liggies kam
drink ek die nuwe dag teug vir teug in
dit spoel deur my moeë siel
verkwik my
gee my hoop vir ‘n nuwe begin –
‘n nuwe dag
waarop ek so lank al wag
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2021 – Verwagting/e-projek