Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: My droom vir jou Silwer

Deur Amanda
Datum gepubliseer: 28 Januarie 2021 Aantal woorde: 77 185 Kere gelees 9

Stofpaaie lei jou na wie weet waar
jou hart verloor jy hier en daar
aan die einde van die reënboog
sal jy jou vreugde vind
ek wens vir jou geluk my kind
mag die wêreld aan jou voete lê
jou toekoms oop en blink
voorspoed jou saggies nader wink
my lewenspad het ek geloop
my spore wyd versprei
mag jy my kind jou eie voetpad kry
my droom vir jou
jou op jou stofpad lei




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Anze

    28 Januarie 2021

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2021 – Verwagting/e-projek

  2. Gert Botha

    28 Januarie 2021

    Ek is dol oor die gedig veral die eerste 8 reëls. Netjies gedoen!

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 83
Kommentaar telling: 36

Ouma van Vier woelwaters. Ma van 5 (2 stief) en vrou van 'n wonderlike Godsman. Woon tans in Alberton. Skryf is my uitlaatklep. My hart bloei ink op papier.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 225 gaste aanlyn

Bydraes – Argief