Die Reuk
aand etes prut
verse flikker as
woorde val en worstel
om die bestaande
en onbekende te verwoord.
in die kospot
borrel woorde
stoom na ń eie plek,
druppels hang alleen
teen ń wit dak.
saggies waai die gesels
in my gedagtes
wetend alleen
ek soek jou
reuk.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.