Hemelse water
Hemelse water
Die oggend groet. Wolke hang laag, die boer se hart kry moed.
Onder mekaar gesels die manne saam:
hoeveel druppels het by jou geval?
Party boere spog: 90 mm, selfs dalk meer.
Ander sug: “Ek het net 3.” Selfs dalk niks.
Weerkantoor sê elke week ietsie anders, maar God bly dieselfde wanneer mier en naaldekoker kom, en selfs die vlieë weet: die boer se God gaan hom
met hemelse water seën.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.