Instapoësie
nou het straatdigter mondig geword
Bruno Osaki Fazano het bevind dat:
straatdigter se poësie as ‘n genre
verstaan kan word
voorheen verguis
maar nou erken
het Instapoēsie/Facebook-poësie
nie weg gebreek van “Die Establishment” nie
maar word as samehorige genre beskou
visueel aantreklik, snelheid van inhoudproduksie
onmiddelik herkenbaar as Instapoësie
nou kan straatdigter se kultuur insette
saak maak waar dit in Afrikaans tel
gedigte en stories is ‘n manier om bestaande
kaarte/begrippe, oor te teken en ‘n pad na
nuwe bestemmings te vind
steeds sy kommentaar
oor gewone mense
vir gewone mense
beskikbaar
maak
© Tearlach.
Instapoësie is ‘n styl van geskrewe poësie wat na die koms van sosiale media ontstaan het, veral op Instagram.
Met spesiale verwysing na: Mariska Bolleurs oor die rebelse tiener van die Afrikaanse letterkunde – Instagram-digters. Love them or hate them, maar die feit bly staan: Instagram-digters verskuif nie net die grense van die drukpers se bykom nie, maar steek ’n soort renaissance in die poësie op.
Bruna Osaki Fazano: Brasiliaanse taalkundige
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.