En Toe Val ’n Grote
daar lê hy nou,
’n ribbebeen van hout en heilige stilte,
‘n stof-stam van oneindige woorde
sy blare verwelk sag
in die wind van ’n volk se stemme,
’n nasie wat hom vir altyd sal saam dra,
gedigte soos ‘n mantel oor skouers.
en selfs die voëls,
wat eers in sy takke gesing het,
bly hang aan die hemel vol woorde.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.