Lewe van ñ grassaad
Lewe van ‘n Grassaad
Deur: Ryno du Plessis
Geanker in genadegrond. Gegroei in hoop en geloof.
Winde uit die ooste het kom dwaal. My uit veiligheid kom haal.
Saamgevoer in strome van hoog en laag. My laat val daar waar God behaag.
Weer gegroei in ‘n nuwe seisoen.
Voor ek weer kon sien, het die winde van versoening my weer kom haal.
Weer geland op nuwe grond. Om weer te groei daar waar God voel dit is goed.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.