Die kwaai oom onder die brug
Die Kwaai Oom onder die Brug
Deur: Ryno du Plessis
Naby die ou kremetart, daar waar families eens kon braai, woon Oom Kraai.
Kleilat by die brug kan ek goed onthou. Oom Kraai het ons gejaag; dit was behoorlik hakke klap.
Selfs ‘n geldjie wat blink op die straat het Oom Kraai nooit daar gelaat nie.
Altyd ietsie in sy sakkie toegenoop.
Jare later gewaar ek weer vir Oom Kraai,
steeds besig met sy sakkie.
Vandag is dit nie meer Oom Kraai wat ons jaag nie,
maar ‘n man wat smeek om aan ‘n broodjie te kan knaag.
©️ Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.