Ou Tant Grieta
Ou Tant Grieta
Deur: Ryno du Plessis
So entjie weg van die Kaap het sy in ‘n klein dorpie gewoon.
As Ouma Lech het almal haar geken.
Sy kon baie mense
goed verpes met haar té eerlike manier van praat.
Sy sou maklik jou sondes vir jou vertel, al loop jy ook aan die anderkant van die straat.
Groot gebou het sy haar skoen volgestaan. Ja,haar tong was ook ‘n bietjie skerp.
Haar tande het haar jare terug verlaat, maar dit het haar nooit gekeer om ‘n beentjie skoon te maak nie.
Sondae, met haar pienk hoed op, sien jy haar stap in die grondstraat, reg vir kerk.
Mense van die dorp vertel: Haar klein mannetjie was al een wat Ou Tant Grieta se rieme styf kon trek.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.