Eet
op hoeke
met wit tafel doeke
word kos versoeke netjies
uitgestippel en voorgesit
agter hoeke
tussen swart dromme
maaier bergies kos
saam met die brommers
leë mae
slap en klip hard
skree kos vir
dopamien* skote
*do·pa·mien
chemiese stof wat as neuro-oordraer in die brein afgeskei word (as plesier sensasie)
Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (6de uitgawe)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.