Skatkis van Woorde
terwyl my kersie brand
versamel ek die woorde
so vang niemand my onkant
want my skatkis van woorde
word alles in gedagtes gebêre
skryf ek vir jou ‘n briefie
my kleine hartediefie
snoesig warm toe gevou
staan my beker koffie lou
en my pen se ink wat vloei
woord vir woord saamgestel
van bladsy na bladsy
vleg ek my storie aanmekaar
sodat my verhaal jou lok
en nimmermeer nie skok
skemeraande volmaanslig
trek my na daardie antieke kis
waar ‘n skatkis met woorde wag
ryg ek hul uit om my briefie
vir jou te pos sonder ‘n fout
@Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.