Haar onskuldigheid
Elke aand dieselfde storie,
Hy in sy volle glorie.
Sy wat hom smeek,
diep binne is sy so gebreek.
Hy is besig om te vat haar onskuldigheid,
Sy word groot voor haar tyd.
Sy huil en smeek hom om op te hou,
Diep binne voel sy hoe die seer en haat opbou.
Sy voel tog so vuil,
Waar sy diep binne haar hart huil.
Sy is diep binne gebreek,
Elke aand dieselfde storie sy wat hom smeek.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.