DIS TE LAAT
Op ‘n doodgewone dag
toe die ou bloekomboom
vir die laaste keer fluister
net voor die wind haar kom vat
het ek saam in wenteltrappe
na bo gestorm om beter te kon sien
‘n onstuimige son het haar om my gekronkel
maar ek het harder probeer om bo te kom
ek wou afkyk
om deur ‘n hemelse lig
die donker te omarm
trane het soos doudruppels
oor my wange gedrup
toe ek sien hoe Moeder aarde bewe
daar was dik swart rook
olie op die blou branders
gate in die osoonlaag
die renosters was min
ander diere was ook kaalgestroop
winter was vol lente letsels
en mense het mekaar uitgehaal.
Ja, op ‘n doodgewone dag
het ek mooi gekyk
net om te besef
dat dit te laat was
om enige iets
of enige iemand te red.
© 8/2022 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.