Sade in die wind
Sade in die Wind
Wind en see op dorre land het ek geken.
Plant en saai was onbekend vir my.
My land bewerk, die gevoel was eg. Gesaai en goed gemaai.
Ek het my rug op die wind gedraai.
Kon ek maar net na die stemme luister.
Op my eie raak ek die pad byster.
Weer gesaai, maar dié keer ‘n vreemde oes.
Donker dae, droë grond.
Stof kom reën.Water vloei oor my wange heen.
My hand aan die ploeg geslaan.
Die haan kraai die laaste maal.
Eens ‘n doringland, nou verbrand.
Die donker het my lig kom steel.My gemoed met selfverwyt kom streel.
Alle hoop is tans soos sade in die wind.
Mag hulle val op grondwaar my voete weer vrede mag vind.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.