Jongste aktiwiteit:

Wagter se baas

Wagter se Baas

Ou Oom Besuidenhoud was destyds reeds al oud. Ek was rondom twaalf.

Oral waar hy sou gaan, was ou Wagter saam.

Voor die myn se hek het Wagter bly lê tot sy baas sou kom.

Kry sy happie brood, dan loop hulle saam na hul huis, anderkant die spoor, daar by die groot ou boom.

Vandag, daar onder die groot ou boom, staan ‘n kruisie graf.

Die oom is vandag nog oud. Ek al veertig en ‘n bietjie.

Al lê Wagter begrawe, leef sy kinders se kinders steeds nog voort.

Klein Wagter volg ook nou elke tree wat die oom sou loop.

© Ryno du Plessis, 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed