lewenstempo (SILWER)
lewenstempo
die lewe: goed gekomponeerde lied
die groot Komponis se note verskyn
eers sag in tempo wat dan snel verdwyn
andante andante pas aangebied
hoe ouer jy word hoe vinniger is
die melodie van die lewe gewis
©Marlene Erasmus
28/09/2022
2 Kommentare
-

Koos Elsum
Ai ai ja dis waar maar by tye kan die einde ook maar uitgerek raak. Dankie hou vd gedig Net een opmerking andante pas vir my nie mooi nie “an·dan·te bw. [afk. and.] (Italiaans, musiek) taamlik langsaam; gematig.” in HAT na die versnelling?
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2022 Snelheids projek